VAALDRIHEOEK - Die vakbondfederasie, SAFTU veroordeel kleinhandelaars ten sterkste wat die prys van noodsaaklike voedselitems hoog hou ondanks dalende insetkoste. Die Mededingingskommissie se jongste Noodsaaklike Voedselprysmoniteringsverslag onthul die insetkoste van noodsaaklike kos-items het afgeneem, maar die kleinhandelpryse bly onregverdigbaar hoog. Mogoshadi Maserumule van SAFTU sê die winsgewendheid van Suid-Afrikaanse kleinhandelaars wat hulle uit die werkersklas verkry deur lae lone en hoë kleinhandelpryse, word weerspieël in die buitensporige verdienste van kleinhandelbestuurders.
top of page
bottom of page
Comentários