VAALDRIEHOEK - Die vakbondfederasie Saftu moedig Suid-Afrikaners aan om hulle veiligheid en die veiligheid van ander padgebruikers voorop te stel wanneer hulle oor die Paasnaweek reis. Die ander ernstige probleem, afgesien van die ignorering van verkeersreëls, is padwoede. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku sê die regering sê op sy amptelike veldtogwebblad, Arrive Alive, padwoede het 'n ernstige bedreiging vir veilige bestuur geword.
AZAPO moedig ook motoriste en voetgangers aan om die Paasnaweek ekstra versigtig te wees. Die woordvoerder vir Publisiteit en Inligting, Jabu Rakwena, beklemtoon die belangrikheid van padwaardigheid, voldoening aan verkeersreëls en om nie te drink en bestuur nie. Rakwena sê voetgangers moet veral veiligheid verseker om ongelukke oor die vakansietyd te verminder.
FOTO: (Twitter)
Comments