Search

SAHPRA gee groen lig vir swanger vroue om J&J entstof te ontvang

VAALDRIEHOEK - Swanger en borsvoedende vroue met onderliggende siektes of met ‘n hoë risiko vir blootstelling aan COVID-19 het die groen lig gekry om die Johnson & Johnson (J&J)-inenting onder die Sisonke-inentingsprogram te ontvang. Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (SAHPRA) het gister in ‘n verklaring gesê swanger vroue loop ‘n hoër risiko vir ernstige COVID-19 in vergelyking met vroue wat nie swanger is nie, en COVID-19 hou verband met ‘n verhoogde risiko vir vroeggeboorte. Die reguleerder het aangekondig dat swanger vroue en borsvoedende vroue in Suid-Afrika met die J&J-inenting ingeënt kan word in oorleg met hul gesondheidsorgverskaffer.

FOTO: (Verskaf)



0 views0 comments