Search

SAID het reeds R3,4-miljard aan belastingbetalers terugbetaal

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het reeds sowat R3,4-miljard aan belastingbetalers terugbetaal. Die SAID het op 30 Julie 3,1-miljoen SMS’e aan belastingbetalers gestuur nadat hulle outomatiese geassesseer is. Die SAID sê Vrydag in ’n verklaring dat hy 89,5% van belastingbetalers wie gelukkig is met hul assessering, binne die beloofde 72 uur terugbetaal het. Die SAID se projek om soveel as moontlik belastingbetalers outomaties te assesseer, het nie sonder probleme verloop nie.

FOTO: (Verskaf)



1 view