Search

SAID sluit kantore weens COVID-19

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sluit al sy kantore landswyd tydens die feesseisoen as ‘n voorsorgmaatreël, omdat die hoeveelheid COVID-19-infeksies steeds toeneem. Die SAID sê hul kantore sal vanaf 24 Desember 2020 tot 04 Januarie 2021 gesluit wees om enige verdere verspreiding van COVID-19 onder belastingbetalers en hul personeel te beperk. Volgens die SAID sal alle kantore op afstand via hul digitale kanale funksioneer.

FOTO: (Verskaf)



1 view0 comments