Search

SAMA sê instel van Nasionale Gesondheidsversekeringskema teen einde 2021 is onmoontlik

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging SAMA, wat dokters verteenwoordig, sê hy sien nie hoe die Nasionale Gesondheids-versekeringskema (NGV) nog vanjaar ingestel kan word nie. Nicholas Crisp van die Departement van Gesondheid het vroeër die week gesê hulle gaan volstoom voort met planne om die skema teen die einde van die jaar te implementeer. Die plan behels dat die private mediese fondse net aanvullende dienste lewer wat nie onder die NGV beskikbaar is nie. Die lys van voordele wat die NGV sal bied, is egter nog nie beskikbaar nie. Die plan is ook om dokters in die private sektor te kontrakteer vir hul diens, maar dit is onseker hoeveel dokters betrek word, wat hulle betaal sal word en wat sal gebeur in gebiede waar daar volgens die regering ’n konsentrasie van mediese dienste is, terwyl ander gebiede te min dienste en diensverskaffers het. Die mediese vereniging se voorsitter, Angelique Coetzee, sê daar is te veel struikelblokke wat oorkom moet word voor die instelling van die skema. Sy meen die NGV gaan nie ’n werklikheid wees teen 2026 nie, wat die sperdatum is vir sy volledige inwerkingstelling. Dit is gegrond op wat sy tydens die pandemie gesien het, en hoe moeilik dit is om algemene praktisyns aan boord te kry om inentingsplekke te verskaf. Dit het te doen met hoe moeilik dit is om deel van die meesterlys te raak en om op die staat se EVDS te kom.

FOTO: (Verskaf)



1 view0 comments