Search

SANParke bied binnekort gratis toegang tot sekere nasionale parke

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Nationale Parke (SANParke) sal vandeesmaand ‘n week lank gratis toegang tot sekere parke bied as deel van sy 16de jaarlikse Nasionale Parkeweek. Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse besoekers sal van 22 tot 26 November heeldag gratis toegang tot uitgesoekte nasionale parke kan kry. Dit sluit onder andere in die Addo Olifant-, Kgalagadi-, Kruger- en Tsitsikamma-gedeelte van die Garden Route-nasionale parke. Waarnemende hoofuitvoerende beampte van SANParke, Luthando Dziba, sê SANParke se Nasionale Parkeweek is ‘n jaarlikse veldtog wat Suid-Afrikaanse burgers gratis toegang bied tot die meeste parke wat deur SANParke bestuur word, met die uitsondering van die Tafelberg Nasionale Park. Gratis toegang tot parke sluit egter nie gratis toegang tot verblyf en ander toeriste-aktiwiteite in nie. Dziba sê daar is ‘n groeiende behoefte dat nasionale parke relevant moet wees, veral vir jongmense.

Besoek https://www.sanparks.org/about/events/parks_week/default.php vir meer inligting.

FOTO: (SANParke)





2 views0 comments