Search

Sasol bestuurders gaan 8 maande lank minder geld kry

SASOLBURG - Sasol het vanoggend op Sens aangekondig dat al die petrochemiese reus se bestuurders vir agt maande tussen 10% en 33% van hul vergoeding gaan prysgee. Werknemers sal ook nie vanjaar verhogings ontvang nie. Sasol word onder meer geaffekteer deur ’n skerp daling in die vraag na brandstof en chemikalieë wat in die mynbou gebruik word. Die daling en gepaardgaande druk op pryse kom weens die staat van inperking in Suid-Afrika en ook in ander wêrelddele waarin die groepbedrywig is. Senior bestuurders gaan vir die volle agt maande vanaf Mei tot Desember 20% van hul salaris prysgee en junior en middelvlakbestuurders 10% of 15%. Sasol sê hoewel die besnoeiings vir agt maande kan geld, sal dit heroorweeg word na gelang van vordering wat met besparingsteikens gemaak word. Korttermyn-aansporings aan werknemers is ook opgeskort.

Sasol het reeds produksie by die Natref-raffinadery in Sasolburg opgeskort en produksie van ammoniak, salpetersuur en chloorviniel – chemikalieë wat in die mynbou en konstruksie gebruik word – is in Sasolburg, Vaaldriehoek, opgeskort. Produksie by sy Secunda-aanleg is met 25% verminder weens die daling in die vraag na brandstof.

FOTO: (Verskaf)


10 views