SASOLBURG - Sasol verwag ‘n beduidende netto-verlies van R55,8-miljard weens waarde-dalings van altesaam R75,4-miljard. Die maatskappy ondervind onderdrukte pryse en marges van chemiese produkte, ondanks die sterker rand-olieprys en verbeterde raffinadery-marges. Sasol verwag ‘n afname van tussen 2- en 17% in aangepaste verdienste voor rente, belasting en depresiasie, met ‘n basis-verlies per aandeel van tussen R68,82 en R71,48. Die maatskappy het bevestig sy syfers sal volgende Dinsdag bekendgemaak word.
top of page
bottom of page
Comments