Search

Sasol word tot rommelstatus afgradeer

SASOLBURG - Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het die petrochemiese groep Sasol tot rommelstatus afgegradeer. Sasol se langtermyn-skuldgradering is met een vlak van Baa3 na Ba1 afgegradeer en is dus nou onder beleggingsgraad. Sy korttermyngradering is ook afgeskaal van P-3 (laer-medium-beleggingsgraad) na nie-prima (onder beleggingsgraad) en sy plaaslik gedenomineerde langtermyngradering van Aa1.za na Aa2.za. Laasgenoemde is steeds op ’n vlak waar Sasol se vermoë om sy finansiële verpligtinge na te kom as baie sterk beskou word. Moody’s sê die rede vir sy afgradering is omdat hy dink Sasol se skuldvlakke vir die volgende twee jaar nog hoog sal bly.

Intussen het Sasol se aandeelprys met bykans 50% geval teenoor verlede week. Dit het Vrydag op R159,72 gesluit, maar vanoggend onmiddellik met meer as 50% tot R79,00 geval. Dit is die gevolg van oliepryse wat vanoggend die skerpste sedert die Golfoorlog in 1991 geval het. Netwerk24 berig Sasol produseer brandstof uit Suid-Afrikaanse steenkool en aardgas van Mosambiek, en sy verdienste word dus nou verbind met die dollarprys van olie. Brent-ruolietermynkontrakte het binne enkele sekondes nadat die markte vandag in Asië geopen het, met soveel as 31% tot so laag as $31,20 per vat geval. FOTO: (Verskaf)


32 views1 comment