Search

Sasolburg polisiestasie gesluit weens COVID-19 gevalle

SASOLBURG - Die Sasolburg polisiestasie is tydelik gesluit tot verdere kennisgewing weens COVID-19 gevalle op die perseel. Daar is egter nie spesifiseer hoeveel gevalle op die perseel was nie, net dat ‘n aantal polisielede die virus opgedoen het. Volgens die stasie se Lt/Col MS Mosoge gaan die telefoonlyne by die Sasolburg stasie dus nie meer beskikbaar wees nie. Mosoge sê ‘n gemeenskapsdiensentrum sal wel tydelik in werking wees vanaf die speurdienskantoor op die hoek van Riemland en DF Malanstrate in Sasolburg. Volgens Mosoge word die gebou diepskoongemaak. Dit het gisteroggend om 08:00 begin en sal voortgaan tot môreoggend om 08:00. Die SAPD het om verskoning gevra vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak.

FOTO: (Fezile Dabi District Municipality)


0 views
Listen Live.jpg