top of page
Search

Sasolburg SAPD soek na vermiste man wat aan 'n spraakversteuring ly

SASOLBURG - Die Sasolburg SAPD het die publiek versoek om te help om Tinus Nel, wat sedert die begin van die jaar vermis word, op te spoor. Luidens die polisieverslag is Nel 'n 26-jarige wit man wat ly aan 'n spraakversteuring. Hy het glo in Januarie vanjaar saam met sy 37-jarige meisie Willamien die huis verlaat, en het sedertdien nog nie teruggekeer nie. Nel is laaste gesien met ‘n blou denimbroek, 'n rooi T-hemp, blou tekkies en ‘n blou baadjie. Hy het swart hare en bruin oë. Enigiemand wat moontlik inligting het oor waar hy is, word versoek om speurkonstabel Maartens by 016 970 1053 of 079 544 2431 te kontak.

FOTO: (SAPD)


5 views0 comments

Commentaires


bottom of page