Search

Sasolburg verkiesingskandidaat in hof na hy glo op sy vrou se motor skiet

SASOLBURG - ‘n Munisipale verkiesingskandidaat vir Sasolburg het volgens berigte gister in die landdroshof op die dorp verskyn na ‘n aanklag van poging tot moord. Netwerk24 berig dit volg na die 55-jarige Hennie Labuschagne glo verskeie kere op sy vrou, bekend as Lulu, in haar motor geskiet het. Volgens die berig was Labuschagne Saterdagaand baie kwaad vir sy vrou. Hulle was by ‘n plaaslike kroeg in Sasolburg wat hulle saam besit ten tyde van die voorval. Volgens die polisie se mediaverklaring het Lulu eers hard aan sy motorruit geklop om te sê dat sy huis toe gaan dat dit gebreek het. Toe sy omstreeks 22:30 die aand wegry, het Labuschagne glo op haar voertuig geskiet. Vier koeëlgate is later in die motor gevind. Vrystaatse polisiewoordvoerder, Brig. Sam Makhele, sê Labuschagne was sedert Saterdagaand in aanhouding en het gister in die hof verskyn. Makhele sê hy is op waarskuwing vrygelaat en moet op 9 November weer in die hof verskyn.

FOTOS: (Facebook)




23 views0 comments