top of page
Search

SASRIA gaan onluste-eise weens ineenstorting van die nasionale kragnetwerk uitsluit.

VAALDRIEHOEK - Die staatsversekeraar, SASRIA, sê van die eerste van volgende maand af sal al sy bestaande en nuwe polisse dekking uitsluit wat met die ineenstorting van die nasionale kragnetwerk verband hou. Dit is weens die ongekende beurtkragvlakke waaronder die land tans deurloop. Die versekeraar sê dit het betrekking op enige opstand, staking of openbare oproer wat regstreeks of onregstreeks deur die ineenstorting van die kragnetwerk veroorsaak word. Die onluste in Julie 2021 in Gauteng en KwaZulu-Natal het gelei tot eise van sowat R32-miljard teen SASRIA.





2 views0 comments
bottom of page