Search

SASSA vra dat mense hul besondere opdateer as dit verander

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA) het vandag begunstigdes van verskeie toelae versoek om die diens in kennis te stel as daar enige veranderinge aan hul besonderhede is. Mense wat by die Departement van Binnelandse Sake trou of hul van verander, word ook aangeraai om hul besonderhede op te dateer. SASSA sê individue sal hul toelaes verbeur as die inligting by Binnelandse Sake nie ooreenstem waarmee voorheen by die agentskap geregistreer is nie.

FOTO: (Verskaf)



2 views0 comments