Search

Sedibeng het minstens 11 bevestigde COVID 19 gevalle

Die Gautengse Gesondheidsdepartement het ‘n verslag vrygestel waarin areas waar die provinsie se 1,199 koronavirusgevalle voorkom, gespesifiseer word. Die Sedibeng area is onder aan die lys met 11 gevalle. Hiervan is nege in Emfuleni bevestig en twee in Lesedi, met geen gevalle in Midvaal nie. Die meeste gevalle kom steeds voor in Johannesburg met 712, terwyl Ekurhuleni 257 aangeteken het en Pretoria 125. Die Wesrand het tans 40 gevalle en gevalle wat nie aan ‘n area toegeskryf is nie, staan op 54. Verder sê die department dat sewe mense in die provinsie aan die virus gesterf het, terwyl daar reeds 781 mense herstel het.

FOTOS: (Gautengse Gesondheidsdepartement)





25 views