Sekuriteitsgroep gereed om vreedsame omgewing te verseker ná verkiesing
- 90.6 FM News
- Jun 3, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Justisie-, Misdaadvoorkoming- en Sekuriteitsgroep het gewaarsku teen dreigemente van geweld na die verkiesing en sê hulle is gereed om te reageer sou enige geweld opvlam. Die president van die MK-party, Jacob Zuma, het Saterdag die Verkiesingskommissie gewaarsku om nie die verkiesingsuitslae bekend te maak nie en gesê dit sou neerkom op uitlokking van sy party. Die OVK het gisteraand egter die uitslae soos beplan verklaar. Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê hulle is gereed om vrede en bestendigheid te handhaaf.
Comments