Search

Slegs 28 sterftes dié Paasnaweek op Suid-Afrika se paaie

VAALDRIEHOEK - Die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, het bevestig dat slegs 28 mense gedurende die Paasnaweek op die land se paaie gesterf het. Hy sê die Paastyd was buitengewoon aangesien daar weens die landwye afsluiting slegs beperkte beweging op paaie was. Mbalula het by 'n padblokkade by die Grasmere-tolhek, net noord van die Vaaldriehoek, gesê daar was die afgelope naweek 26 noodlottige botsings, waarin 28 mense dood is. In dieselfde tydperk verlede jaar is 162 mense in 128 noodlottige botsings dood. Hy sê altesaam 719 mense is vanjaar oor hierdie tydperk in hegtenis geneem vir die oortreding van verkeerswette en 236 voertuie is geskut. Die meeste ongelukke was in Mpumalanga oor die langnaweek van 9 tot 13 April. Daar was ses ongelukke wat sewe lewens geëis het. Daar was geen ongelukke in die Vrystaat en Noord-Kaap nie.

Mbalula het benadruk ’n mens kan nie ’n vergelyking te midde die nasionale inperking tref nie omdat die meeste mense by die huis gebly het soos wat die regulasies vereis.

FOTO: (Verskaf)


20 views
Listen Live.jpg