Search

Sommige Emfuleni werkers kry salarisse van twee munisipaliteite

VAALDRIEHOEK - ‘n Ouditverslag het bevind dat minstens 20 werknemers van die Emfuleni-munisipaliteit ook ‘n salaris kry van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit. Die verslag is aangevra deur die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings, en Samewerkende Regering en Tradisionele Sake. Die praktyk is blykbaar al oor die afgelope vyf jaar in werking. Die verslag het ook bevind dat Emfuleni 200 meer werknemers het as die 300 waarvoor begroot is.

FOTO: (Verskaf)




13 views