Search

Sperdatum vir hernuwing van bestuurslisensies word verleng tot 31 Maart 2022

BREKENDE NUUS: VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander motoriste wat nog hul bestuurslisensies moet hernu, sal nou bietjie meer tyd hê om by die lisensiekantore uit te kom. Die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, sê die sperdatum vir die hernuwing van bestuurslisensies in nou aangeskuif. Motoriste wie se lisensies tussen 26 Maart 2020 tot 31 Augustus verval het, se lisensies is nou geldig tot einde Maart 2022. Die departement het vroeër bevestig 1,2-miljoen rybewyse moet nog hernu word. Mbalula sê dit sal die uitdagings aanspreek wat die Departement in die gesig staar tydens die hernuwing van lisensies. Hy sê daar is besluit om die spertyd uit te stel om motoriste ‘n regverdige kans te gee om hulle lisensies te hernu. Hy het motoriste aangemoedig om nie te wag vir die vooraand van die grasietydperk om hul rybewyse te hernu nie.

FOTOS: (Vervoerdepartement)











19 views0 comments