Search

Standard Bank kondig nog hulpmaatreëls vir sy kliënte aan

VAALDRIEHOEK - Standard Bank het ‘n tweede finansiële hulpmaatreël aangekondig om sy kliënte tydens die koronavirus-uitbraak te help. Die bank sê kliënte wat R 7 500 en minder per maand verdien, gaan ‘n betalings-blaaskans van drie maande kry as nie een van hulle rekenings teen die einde van dié maand agterstallig is nie. Dit sluit huislenings, voertuig- en batefinansiering, kredietkaarte en korttermyn-lenings in.


Intussen het die Minister van Finansies Tito Mboweni buitengewone belastingmaatreëls aangekondig as deel van die finansiële maatreëls wat President Cyril Ramaphosa voorgestel het om die koronavirus te bekamp. Die maatreëls is bykomend tot die belastingvoorstelle wat in die begroting in Februarie gemaak is. Dit sluit in die instelling van belastingsteun vir werkgewers van tot R 500 per maand oor die volgende vier maande. Dit is bedoel vir privaat-sektor werknemers wat minder as R 6 500 verdien. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sal ook die terugbetaling van werknemersbelasting-aansporings aanpas van tweejaarliks tot maandeliks. FOTO: (Verskaf)


6 views