Search

Statistieke Suid-Afrika sê duisende mense is in April afgelê

VAALDRIEHOEK - Statistieke Suid-Afrika het bekend gemaak dat belastingdokumente wat verlede maand ingedien is ‘n donker prentjie vir die Suid-Afrikaanse ekonomie skep. Die dokumente toon dat meer as 20 000 werknemers in April afgelê is. Volgens Statistieke Suid-Afrika is die vooruitsig vir ondernemings ook baie negatief met likwidasies wat met 12.3% toegeneem het. Meer as 46 % van die ondernemings in die land het tydelik gesluit. Altesaam 54% van sakeondernemings voorspel dat hulle hul deure permanent sal moet sluit indien hulle gedwing word om langer as drie maande nie sake te doen nie.

FOTO: (Verskaf)



4 views
Listen Live.jpg