SASOLBURG - Die SAPS sê in ‘n verklaring, ‘n 56 jarige Stiefpa wat sy 13 jarige stiefdogter in Amelia, Zamdela, Sasolburg in 2011 verkrag en swanger gemaak het, is lewenslank tronk toe gestuur. Sers. Mahlomola Kareli sê die 26 jarige slagoffer, het destyds op 13-jarige ouderdom in 2011, saam met haar maats gespeel toe ‘n buurman haar na sy huis geroep en haar verkrag het. Sy het haar ma vertel en ‘n saak is by Sasolburg-polisiestasie oopgemaak. Die verdagte 36-jarige buurman is in hegtenis geneem. Terwyl die ondersoek aan die gang was, het die slagoffer se stiefpa haar in 2012, terwyl haar ma op ‘n kerkuitstappie was, twee keer verkrag. Haar ma het haar na ‘n pleeghuis in Johannesburg geneem omdat hulle glo nie op goeie voet met mekaar was nie. Toe haar pleegouers haar by ‘n skool wou inskryf, is daar bevind daT sy swanger is. Op 23 Maart 2022 het die slagoffer ‘n verkragtingsaak teen haar stiefpa gemaak. Vaderskapstoetse het bevestig dat hy die pa is van die slagoffer se 12-jarige kind. Die stiefpa is deur die hof skuldig bevind aan verkragting en lewenslank tronkstraf opgelê. Sy naam sal in die nasionale register vir seksuele oortreders aangebring word.
top of page
Search
Recent Posts
See AllVEREENIGING - The Industrial Development Corporation is considering acquiring a majority stake in ArcelorMittal South Africa to prevent...
MIDVAAL - Die Midvaal-munisipaliteit in Gauteng het minstens 40 rystoele en 20 krukke aan inwoners geskenk om individue met gestremdhede...
VAALDRIEHOEK - Die Gauteng Departement van Gesondheid, in vennootskap met die Mediese Buro vir Beroepsiektes, doen 'n beroep op...
bottom of page
Comments