Search

Streng nuwe bedryfstye word ingestel vir ondernemings in die Vaaldriehoek wat drank verkoop

VAALDRIEHOEK - Alle ondernemings wat drank verkoop in die Vaaldriehoek en die res van Suid-Afrika moet met onmiddellike effek om 18:00 op weeksdae en Saterdae en om 13:00 op Sondae en openbare vakansiedae sluit. ‘n Kennisgewing in die Staatskoerant lui dat die ondernemings, waaronder kroeë, klubs, sjebiens en restaurante, dan eers weer die volgende oggend om 09:00 kan oopmaak. Dieselfde regulasies, wat deel uitmaak van die Wet op Rampbestuur, is op alle drankwinkels van toepassing. Die regering het die maatreëls ingestel as deel van die stryd teen die koronavirus-pandemie.

FOTO: (Verskaf)


31 views