Suid-Afrika beleef ʼn reuse geletterdheidskrisis
- 90.6 FM News
- Feb 27
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die jongste agtergrondverslag vir 2024 van die 2030 Reading Panel het onthul dat soveel as 80% van Suid-Afrikaanse graad 3-leerdlinge nie in enige taal met begrip lees nie. Die verslag is vroeër die week uitgereik. Daar is bevind dat slegs 20% van graad 3 leerlinge leesvaardighede in hul huistaal het. Bykans 70% van leerlinge in graad 6 het ook nie die nodige leesvaardigheid in hul taal van onderrig nie. Dit belig die geletterdheidskrisis in die land ten spyte van die regering se jarelange beloftes om leesontwikkeling onder kinders te prioritiseer.
Comments