Search

Suid-Afrika is een van 47 lande wat Maandag van Brittanje se rooilys vir reise verwyder word

VAALDRIEHOEK - Brittanje het Suid-Afrika van sy rooilys verwyder wat nie reise tussen die twee lande toegelaat het nie. Dié lys is weens die Covid-19-pandemie opgestel om reise na sekere lande te verbied wat Brittanje as risiko bestempel het. Die Britse regering het vroeër vanaand aangekondig dat die besluit Maandag in werking tree. Die land sal ook bewyse erken dat mense in Suid-Afrika ingeënt is, wat beteken dat reisigers nie meer met hul aankoms in kwarantyn hoef te bly nie. Suid-Afrikaners in Brittanje het die nuus verwelkom en sê hulle hoop dat hulle gou weer hul familie en vriende in Suid-Afrika sal kan sien. Slegs Panama, Venezuela, Colombia, Peru, Ekwador, Haïti en die Dominikaanse Republiek is nog op die lys.

FOT0: (Verskaf)



0 views0 comments