Search

Suid-Afrika oorskry een miljoen COVID-19 gevalle

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrika se aantal kumulatiewe COVID-19 gevalle het die een miljoen-kerf oorskry en staan nou op een 1 004 413 nadat 9 502 gevalle in die laaste 24-uur aangemeld is. Die land se COVID-19 dodetal het met 214 toegeneem, wat die aantal sterftes in die land op 26 735 te staan bring. Tot op hede het meer as 844 874 mense reeds van die virus herstel.


Intussen het die Sedibeng distrik in Gauteng, wat die Lesedi, Emfuleni en Midvaal sub-distrikte insluit, 95 nuwe gevalle aangeteken, wat die kumulatiewe totaal in die distrik op 16 359 positiewe gevalle te staan bring. Sedibeng het tans 1 096 aktiewe gevalle van COVID-19, waaronder 133 in Lesedi, 833 in Emfuleni en 130 in Midvaal.


FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments