Search

Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer styg na 34,9%

VAALDRIEHOEK - Statistieke Suid-Afrika het aangekondig 660,000 werksgeleenthede het van die tweede na die derde kwartaal van vanjaar verlore gegaan. Dit beteken die amptelike werkloosheidsyfer het gestyg van 34,4% tot 34,9%. Dit is die hoogste syfer sedert die Kwartaallikse Arbeidsmag-opname in 2008 van stapel gestuur is. Alle sektore het tussen die tweede en die derde kwartaal werksverliese gely, behalwe die finansiële sektore wat 138,000 poste bygekry het. Die grootste werks-afname is in handel ondervind, met ‘n verlies van 309,000 poste.

FOTO: (Verskaf)




0 views0 comments