Search

Suid-Afrika se COVID-19 sterfgevalle nader nou 100

COVID-19 - Suid-Afrika het nou 93 bekende koronavirus-sterfgevalle aangeteken nadat nog drie mense gister omgekom het. Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize sê al drie die steftes was in die Wes-Kaap en al drie die pasiënte het aan onderliggende siektes gely. Die land se totale aantal gevalle staan op 4 996, maar 2 073 pasiënte het reeds van die virus herstel. Gevalle in die Wes-Kaap het opgeskiet na 1 870, met 38 sterfgevalle. KwaZulu-Natal het tot dusvêr net 919 gevalle, maar 30 pasiënte het reeds in die provinsie omgekom. Vir die afgelope paar weke het Gauteng se koronavirus-gevalle daagliks met ongeveer 20 pasiënte toegeneem, ’n matige toename in vergelyking met die Wes-Kaap. Gauteng het gister ‘n toename van 24 nuwe pasiënte aangedui wat die koronavirus-gevalle in die provinsie nou op 1 377 te staan bring. Mkhize, sê die regering het die staatsinperking vroegtydig geïmplementeer en die inperking het verseker dat daar nie ‘n grootskaalse toename in die land se pasiënte is nie. FOTO: (NIOS)


6 views
Listen Live.jpg