Search

Suid-Afrika se nuwe debietorderstelsel tree môre in werking

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoekers sal van môre af meer beheer hê oor debietorders op hulle bankrekenings. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se gewaarborgde invorderingstelsel, AC/DebiCheck, tree môre, 1 Mei 2021, in werking. Die sperdatum is weens die inperking met ‘n jaar uitgestel. ‘n Woordvoerder sê AC/DebiCheck vereis dat klante instem tot nuwe debietorders voordat dit kan deurgaan om sodoende misbruik van die stelsel te beëindig. Met die nuwe betaalstelsel sal verbruikers magtiging aan hul bank gee deur middel van ‘n gemagtigde mandaat om die geld van hul rekening vry te stel wanneer ‘n debietorder ingedien word. Ondernemings het tot November 2019 tyd gehad om die stelsel volledig in te stel.

FOTO: (Verskaf)


6 views0 comments