Search

Suid-Afrika se sakevertroue bereik ’n laagtepunt

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrika se sakevertroue het tot die laagste vlak in 45 jaar gedaal. Opnames wat in verskeie sektore gemaak is, skets ’n donker prentjie. Uitvoerende beamptes wat aan die peiling deelgeneem het, het weinig hoop en baie sê die ergste lê nog voor. Die eerste twee maande van die Covid-19-grendeltyd waartydens die meeste sakeondernemings gesluit het, het ’n betekenisvolle bydrae gelewer tot die ekonomie se powere prestasie. Belangrike sektore wat by die peiling ingesluit is, is die boubedryf, motorverkope en kleinhandelbedryf en almal is negatief oor die ekonomie.

FOTO: (Verskaf)



8 views