Search

Suid-Afrika se totale aantal koronavirus-sterftes het die 200-merk oorgesteek

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrika se totale aantal koronavirus-sterftes het die 200-merk oorgesteek en 206 bereik toe nog 12 mense gesterf het. Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het bevestig dat agt van die sterftes in die Wes-Kaap voorgekom het, twee in die Oos-Kaap en die ander een in KwaZulu-Natal. Die eerste sterfte is ook in Noordwes aangemeld. Die totale aantal bevestigde gevalle het tot 10 652 gestyg. Mkhize het sedert ‘n besoek aan die Oos-Kaap gesê sowat agt-miljoen mense het reeds landwyd siftingstoetse ondergaan.

FOTO: (Verskaf)




4 views
Listen Live.jpg