Search

Suid-Afrika skuif af na inperkingsvlak-drie

VAALDRIEHOEK - President Cyril Ramaphosa sê die kabinet het besluit om die land onmiddellik na inperkingsvlak-drie af te skuif. Die aandklokreël sal steeds van 10-uur saans tot 4-uur soggens van krag wees, terwyl interprovinsiale reise vir ontspanning nou kan hervat. Die alkohol buiteverkope deur kleinhandelaars sal van Maandag tot Donderdag tussen 10-uur soggens en ses-uur die middag toegelaat word. Byeenkomste kan weer plaasvind, maar is beperk tot 50 mense binnenshuis en 100 in die buitelug. Skole open vandag weer. Ramaphosa het die land gisteraand toegespreek en sê dit bly verpligtend vir elke inwoner van die land om ‘n gesigmasker te dra.

Ramaphosa het ook aangekondig dat die regering die maatskaplike nood-verligtingstoelaag herinstel om ‘n maandelikse betaling van R350 tot die einde van Maart volgende jaar te voorsien. Die president sê die mees onmiddellike behoefte is om die sakeondernemings wat beskadig of geplunder is, in staat te stel om so gou as moontlik te herbou en heropen. Ramaphosa voeg by sakeondernemings wat nie verseker is nie en deur die geweld geraak is, sal deur die regering ondersteun word. FOTO: (Verskaf)



4 views0 comments