Search

Suid-Afrikaanse skole het bykans ‘n jaar se onderrigtyd misgeloop tydens die Covid-19 pandemie

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrikaanse skole het bykans ‘n jaar se onderrigtyd misgeloop tydens die Covid-19 pandemie. Volgens navorsing deur die Verenigde Nasies se Kinderfonds, UNICEF, gaan meer as 500-duisend kinders in die land vanweë die ontwrigting van die afgelope ses maande, nie meer skool toe nie. Skole het gister heropen nadat dit einde verlede maand gesluit is weens die derde vlaag van coronavirusinfeksies. UNICEF se adjunk-verteenwoordiger vir Suid-Afrika, Muriel Mafico sê skoliere het weens die ontwrigting die ergste onder inperkingsmaatreëls deurgeloop. Volgens Mafico is nie net die onderrigprogram beïnvloed nie, maar is dienste soos voedingskemas, berading en beskermingsdienste ook negatief geraak.

FOTO: (Verskaf)



2 views0 comments