Search

Suid-Afrikaanse voertuie kry nuwe nommerplate

VAALDRIEHOEK - Die direkteur-generaal van vervoer, Alec Moemi, het gesê die regering beplan om nuwe nommerplate vir motorvoertuie in te stel as deel van nuwe padreëls in Suid-Afrika. Hy het genoem dat die besluit veral belangrik is vir die identifikasie van voertuie in die geval van padongelukke. Volgens Moemi oorweeg die regering ʼn stelsel wat die vaslegging van mikrostippels in ʼn nuwe nommerplaat insluit wat dan gereguleer kan word. 'n Mikrostippel is ʼn partikel met ʼn deursnee van 1,8 mm wat toenemend gewild raak as veiligheidskenmerk van Suid-Afrikaanse voertuiglisensies. ʼn Mikrostippel bevat ʼn unieke opties-leesbare mikrostippel-identifiseerder, gewoonlik in die vorm van die spesifieke voertuig se VIN-nommer bestaande uit 17 syfers of ʼn ander geregistreerde persoonlike identifikasienommer (PIN). Moemi het aangedui dat tegnologie wat reeds op die land se hoofweë in gebruik is, veral in provinsies soos Gauteng en die Wes-Kaap, sowel as op die landsgrense, hierdie mikrostippels sal kan skandeer. Volgens Moemi sal dit ook die regering ook in staat stel om ʼn beter idee te kry van padgebruik oor die land heen.

FOTO: (Verskaf)



22 views