Search

Suid-Afrikaners gemaan om nie water op Lentedag te vermors nie

VAALDRIEHOEK - Terwyl Suid-Afrikaners vandag Lentedag vier, het die Departement van Water en Sanitasie ‘n beroep op landsburgers gedoen om water spaarsamig te gebruik. Dit is tradisie in Suid-Afrika dat die publiek, veral kinders, aan allerlei aktiwiteite deelneem, soos om mekaar met water te spuit. Die Departement het sedertdien watergebruikers versoek om hulself daarvan te weerhou om vandag water te mors as gevolg van die voortdurende dalende damvlakke in die land. Woordvoerder van die Departement, Sputnik Ratau, sê die Departement moedig die publiek verder aan om waterlekke en gebarste pype by plaaslike munisipaliteite aan te meld en met alternatiewe en kreatiewe maniere vorendag te kom om Lentedag te vier.

FOTO: (Verskaf)



1 view