VAALDRIEHOEK - Die regering sê die Nasionale Rampbestuursentrum en provinsale en plaaslike rampbestuurspanne oral in die land is op 'n hoë gereedsheidsgrondslag en help gemeenskappe wat deur swaar reën geraak is. Gemeenskappe in vloedgeteisterde gebiede word gewaarsku om versigtig te wees terwyl oorstromings voortduur. Suid-Afrikaners moet toesien dat kinders veilig is en nie oorstroomde paaie, brûe en riviere oorsteek nie. Gemeenskappe wat deur die vloede geraak is, word gevra om op hulle hoede te wees en na spesiale waarskuwings op radio, TV en betroubare sosialemediabronne of deur plaaslike owerhede te luister.
FOTO: (SA Weather Service)
Σχόλια