Search

Suid-Afrikaners kan nou vroegtydig bespreek vir ‘n oefensessie by Virgin Active

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrikaners kan nou tot en met sewe dae vooruit aanlyn bespreek vir ‘n oefensessie by Virgin Active gimnasiums landswyd. Virgin Active het die probleme met sy aanlyn besprekingstelsel uiteindelik uitgestryk, en lede kan nou ’n uur lange oefensessie op sy app of webtuiste bespreek. Net een sessie kan per dag bespreek word. Suid-Afrikaners kan wel sonder ‘n bespreking die gimnasum besoek, maar volgens regulasies mag net 50 lede op ’n slag saam oefen.

FOTO: (Verskaf)



2 views