Suid-Afrikaners kan voedselsekerheidskwessies te wagte wees.
VAALDRIEHOEK - Agri SA sê as beurtkrag op die huidige hoë vlak voortgaan, gaan inwoners van die Vaaldriehoek en die res van Suid-Afrika op lang termyn met voedseltekorte gekonfronteer word. Die besturende direkteur van Agri SA, Christo van der Rheede sê dat die landbousektor van beurtkrag hoër as Fase Ses vrygestel moet word. Hy meen ook daar moet 'n groter korting wees op diesel wat vir kragopwekkers gebruik word. Volgens Van der Rheede sê, tesame met die tekort aan entstowwe vir vee, kan die prys van voedsel ook op kort en mediumtermyn aansienlik styg weens onder meer die hoë dieselpryse in die waardeketting. Rheede sê as die regering nie gou oplossings kry nie, gaan verbruikers daar onder ly.
