Search

Suid-Afrikaners met inentingsbeserings kan ‘n eis indien

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrikaners wat enige verliese gely, skade of beserings opgedoen het – in wat bestempel word as inentingsbeserings – kan eise indien by die regering se Vrywaringsvergoedingskema. Die SABC berig dit bestaan sedert daar met inentingsveldtogte begin is. Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Reguleerder – SAHPRA – sê dit is vir skadevergoeding vir enige nadelige gevolge wat met inenting verband hou. Volgens die Nasionale Immunisasie Komitee van Veiligheidskenners hou nie enige van die sterftes in die land, verband met entstowwe wat teen Covid-19, toegedien word nie.

FOTO: (Verskaf)


4 views0 comments