Search

Swakplek in WhatsApp se kode stel gebruikers bloot aan kuberkrakers

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek selfoongebruikers word gewaarsku dat ‘n swak plek in WhatsApp se kode dit moontlik maak vir kuberkrakers om die app oor ’n afstand op ’n gebruiker se selfoon te manipuleer. Die kubernavorsingsmaatskappy Check Point verduidelik in ’n blog-inskrywing dat die aanvallers veral groepgesprekke in die visier het. Sodra ’n spesifieke boodskap in ’n groepgesprek oopgemaak word, sal WhatsApp in duie stort. Die app sal aanhou ineenstort, selfs al skakel jy die betrokke selfoon af en weer aan. Dit raak sowel iOS- as Android-toestelle. Check Point sê die enigste manier om die saak reg te stel, is om die app heeltemal uit te vee en van voor af te installeer. Weens die swakheid inherent in WhatsApp se kode, wis die kwaadwillige boodskap egter alles uit. Vir altyd. Check Point sê hy het die swak plek reeds in Augustus bespeur en dadelik vir WhatsApp daarvan ingelig. ’n Bywerking tot die app stel die fout glo reg. Vaaldriehoek selfoongebruikers word dus gemaan om seker te maak hulle het die jongste beskikbare weergawe van WhatsApp deur te gaan na hul app-winkel en dit daar af te laai. FOTO: (Verskaf)

0 views
Listen Live.jpg