Search

Talle padsterftes die langnaweek in Gauteng en Limpopo

VAALDRIEHOEK - Sewe-en-dertig mense is die langnaweek op paaie in Gauteng en Limpopo dood. Volgens die Gautengse verkeerspolisiewoordvoerder, Sello Maremane, is daar teen laat gistermiddag reeds 23 sterftes in Gauteng aangemeld.Die gevolge van die ongelukke was volgens Maremane die meer verkeer die naweek, asook mense wat nie padreëls gehoorsaam nie.Teen gistermiddag 5 uur het daar reeds soveel as 2475 voertuie deur die Pumulani-tolplaza op die N1 Noord van Pretoria in ‘n suidelike rigting beweeg.

FOTO: (Verskaf)



4 views0 comments