Search

Tekort aan Covid-19 toetsstelle

VAALDRIEHOEK - Die Minister van Gesondheid, dokter Zweli Mkhize, sê die land toets minder mense vir die koronavirus weens die lae aantal beskikbare toetse. Mkhize sê die verskaffers van die toetsstelle sukkel om met die vraag die hoof te bied, omdat al hoe meer lande hul bevolkings vir die pandemie toets. Mkhize het aan lede van die Nasionale Raad van Provinsies gesê dat 'n gebrek aan toetse nie oor die bevoegdheid van die regering gaan nie, maar om 'n gebrek aan toetsstelle.

FOTO: (Verskaf)


8 views