Search

TERS-skema tot Maart verleng

VAALDRIEHOEK - President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se COVID-19 TERS-skema tot 15 Maart verleng is. President Ramaphosa het gisteraand sy Staatsrede (SONA) in die parlement gelewer. Tot op hede is meer as R57 miljard aan loonondersteuning deur middel van die TERS-skema aan sowat 4,5-miljoen werkers betaal. President Ramaphosa het gesê dat die verlenging van die Skema sektore sal help wat sedert die begin van die inperking nie hul deure kon oopmaak nie. Ramaphosa het ook aangekondig dat die spesiale COVID-19-toelaag van R350 met nog drie maande verleng is. Die toekennings van R350, wat formeel bekend staan as die Social Relief of Distress (SRD) -betalings, word aan werkloses betaal wat geen ander staatsondersteuning ontvang nie. Die toekenning sou oorspronklik in Oktober eindig en is toe tot einde Januarie verleng.

FOTO: (Verskaf)



6 views0 comments