Search

Tiger Brands sê sy Albany brood is veilig na 12 administratiewe werkers koronavirus kry

VAALDRIEHOEK - Tiger Brands sê Albany se werknemers in Durban wat positief getoets is vir die koronavirus, werk in die administrasiegebou en nie in die bakkery nie. Netwerk24 berig Tiger Brands het hiermee mense probeer gerusstel nadat sy Durbanse bakkery, waar Albany-brood gebak word, gister gesluit is nadat 12 personeellede positief getoets is vir Covid-19. Die verskaffer sê ook volgens berigte daar is nog geen bewys dat die virus wat Covid-19 veroorsaak deur kos oorgedra word nie. Tiger Brand se hoof van korporatiewe kommunikasie, Nevashnee Naicker, sê ’n werknemer is aangeraai om dokter toe te gaan nadat die persoon griepsimptome getoon het. ’n Toets is gedoen en die uitslag, wat Covid-19 bevestig het, is op 9 April ontvang. Daarna is eers alle werknemers wat met dié persoon in verbinding was, getoets en gevra om hulself te isoleer. Toetse is verder uitgebrei tot alle werknemers in die administrasiegebou, waar die eerste pasiënt werk. Al 12 mense wat Covid-19 onder lede het, werk in die administrasiegebou en is nie by die bak van brood of die aflewering daarvan aan klante betrokke nie.

FOTO: (Verskaf)


13 views
Listen Live.jpg