Search

Tito Mboweni waarsku dat SA moet voorberei op ‘n diep resessie

VAALDRIEHOEK - Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, het Suid-Afrikaners gewaarsku om hulself voor te berei vir ‘n diep resessie. Mboweni het tydens ‘n mediakonferensie egter bygevoeg dat voorspellings dui op ‘n moontlike geringe herstel in groei volgende jaar. Die minister sê die korona-pandemie sal nie slegs ‘n toets vir die gesondheidsorgstelsel wees nie. Dit bring ook ‘n binnelandse ekonomiese skok mee omdat die besluit om die land in te perk die ekonomie vanuit ‘n vraag- en aanbod-oogpunt verlangsaam.

FOTO: (Verskaf)


17 views
Listen Live.jpg