Search

Tracker sê 40% van padgebruikers terug op die pad

VAALDRIEHOEK - Die voertuig-opsporingsmaatskappy Tracker sê daar was 75 persent minder verkeer op Suid-Afrikaanse paaie in die eerste drie dae van inperking. Die databasis wys egter dat daar einde verlede week 40 persent van padgebruikers met opsporingstoestelle terug was op die paaie. Die databasis van motors toegerus met ‘n opsporingstoestel wys dat veral winkelsentrums en vulstasies op Donderdag en Vrydag besoek is. Die databestuurder, Lindie Reid, sê verbruikers het moontlik net aankope vir 21 dae gedoen en moes weer gaan voorrade aanvul.

FOTO: (Verskaf)


37 views