Search

Troues steeds verbied onder vlak 3 inperking

VAALDRIEHOEK - Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini Zuma, sê huweliksonthale mag steeds nie op Vlak Drie plaasvind nie. Begrafnisse mag egter steeds met net vyftig mense gehou word. Dlamini-Zuma het op 'n nuuskonferensie in Pretoria gesê paartjies wat wil trou, kan by hul naaste Binnelandse Sake-kantoor in die eg verbind word om 'n huweliksertifikaat te kry. Onthale bly egter taboe.

FOTO: (Verskaf)



12 views