top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Twee Graad 11 leerders van Hoërskool Transvalia sterf in ‘n motorongeluk

VANDERBIJLPARK - Medelye het van verskeie oorde ingestroom op sosiale media vandag, nadat Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark vanoggend die afsterwe van twee van sy Graad 11 leerders bevestig het. Volgens die skool se Facebook-blad het Luandre Barnard en Ronan Gardiner Vrydagaand, 19 Julie 2024, tragies in ‘n motorongeluk gesterf. Die skool het hul opregte medelye aan beide leerders se ouers, familie en vriende met hulle groot verlies gedeel, en hulle troos en genade van ons Hemelse Vader toegewens. Transvalia het ook volkome genesing vir die ander insittendes toegewens. Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark was een van die ander skole wat ook ‘n verklaring van medelye gedeel het. Hulle het innige simpatie en meegevoel met die ouers, leerders en personeel van Hoërskool Transvalia gedeel. Volgens die skool was een van sy leerders, Janu van Staden, ook in die ongeluk betrokke. Driehoek sê van Staden is ongedeerd na die ongeluk en sterk by die huis aan. Verdere inligting rondom die ongeluk is nog onduidelik en sal gedeel word soos wat meer inligting beskikbaar word.

FOTOS: (Valia LOR; Hoërskool Driehoek)


84 views0 comments

Recent Posts

See All

コメント


bottom of page