Search

Twee in kritieke toestand na botsing met straatlig in Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK - Twee vrouens, wat na bewering in hulle 20’s is, is in ‘n kritieke toestand na hulle voertuig Saterdagoggend in ‘n straatlig vasgery het op die R42 Barragepad in Vanderbijlpark. Paramedici van ER24 het vroeg Saterdagoggend op die toneel afgekom, waar hulle die voertuig in die middel mediaan van die pad teen die straatlig aangetref het. Een van die vrouens was steeds insittend in die voertuig, terwyl die ander naby die voertuig gesit het. Mediese personeel het die vrouens ondersoek en gevind dat hulle verskeie beserings opgedoen het en in ‘n kritieke toestand was. Die vrouens is behandel vir hulle beserings en met pyn medikasie voorsien, voordat hulle na Mediclinic Emfuleni vervoer is vir verdere sorg. Plaaslike owerhede was ook op die toneel vir verdere ondersoek. FOTO: (ER24)


0 views
Listen Live.jpg